Simboliek
Simboliek van brons reliëfpaneel by Majuba ter herdenking van die oorwinning van
Majuba
Die burgers wat vreesloos die helling bestyg verdien verering en
erkenning. Daarom neem hulle meer as n derde van die een meter by twee meter paneel
saam met die inspirerende woorde van G. A. Watermeyer.
"Met moed om teen die môrekim
méér as Majuba uit te klim"
Ons kan egter nie op ons louere rus nie; die slag is in die
verlede en dien tot aansporing, daarom het ek die figure in die negatief uitgebeeld. (Dit
is interessant om daarop te let dat as n mens lank na die figure kyk word hulle
volrond en lewendig).
Die boonste gedeelte is die hede. Dit toon waar ons Boerevolk die
steil helling geïnspireerd en onvermoeid aangepak om meer as Majuba uit te klim,
reikhalsend na ons vryheid waar die son weer sal opkom vir ons volk.
Jo Roos
Beeldhouer
Bo: Anina Prinsloo en Lize Marie van Deventer
aanskou vir die eerste keer die monument
Beeldhouer ---------- Jo Roos
Argitek-------------- Johan De Ridder
Bouer --------------- Basjan Geyser
Beeldgieters ------- Johannes en Hendrik Roos
Regs: Die voorsitter van die Aksie Vrouekrag, Mev. Lucia van den berg
aanskou met trots en dankbaarheid die volledige monument.
|