Majuba gedenkteken
Simboliek
Jo Roos
Onthulling
Amajuba 1997
Eerste Vryheidsoorlog
Slag van Majuba
Die Stem

Slag van Majuba

     
  Hersien: 7 Februarie 2023 ** Revised: February 7, 2023

    

    

LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief en die inhoud is laas in 2001 opgedateer...Hersien: 7 Februarie 2023
NB: This site is part of ARKpark's archive and the content was last updated in 2001...Revised: February 7, 2023

 

 

JO ROOS

Beeldhouer-Jo Roos

Die Majuba bronsreliëfpaneel is ontwerp en gemodelleer deur beeldhouer Jo Roos; boerseun in murg en bloed en erken as internasionale beeldhouer, veral in die uitvoering van die bronsbeeldreIiëfpaneel vir die S.A. Oorlogsmuseum in Delvillebos.

Wat betref beelde vir en van ons volk, het Jo veel vermag deur die genade van bo:

  • Beeld van Voortrekkerleier Gerrit Maritz voor die gedenkkerk in Pietermaritzburg. (Hy was die wenner van 'n landswye kompetisie)
  • Voortrekkermeisie in Rustenburg, wat die lig van die beskawing uitdra.
  • Kampkindjie by die kampkerkhof in Pietersburg.
  • Vele boereleiers uit ons verlede se borsbeelde:
    • Sarel Celliers,
    • Pres Kruger,
    • Ds Erasmus Smit,
    • Louis Trichardt,
    • Ds Lindley;
  • ook ons groot politieke figure soos:
    • J G Strydom en
    • Dr Verwoerd.
  • By Orania is ook die volfiguur (half lewensgrootte) van Dr. Verwoerd.

Beeldhouer-Jo Roos
Bo: Die beeldhouer, Jo Roos toon die ontwerp van die brons reliefpaneel.

Vir nog meer foto's van die skeppingsproses van die paneel, kliek op die onderstaande foto's vir groter weergawes.


Van die gipsmodel word 'n silikonrubber gietvorm gemaak en daarna word 'n wasmodel daarin gegiet

Die wasmodel word in agt stukke opgesny en gedoop in die vloeibare silika en dan met zirkonsand bestrooi. Dit bevat Iugpypies met 'n koppie om die brons in te gooi.

Terwyl die brons gesmelt word, word die was uitgebrand uit die gietstukke

Vloeibare brons word in die koppies gegooi en daarna word die agt stukke aanmekaar gesweis

Die beeldhouer doen die finale afwerking en patina (ammonium sulfaat)

Met die hulp van Basjan Geyser word die paneel in die suil geplaas. Johan de Ridder het die suil ontwerp en Basjan Geyser was die bouer
Die beeldhouer wag vir die finale vashegting. Die monument staan op 'n plaveisel. Trappies is na die monument gebou
Mev. L. van den Berg by die opening van die monument

 

 

 

 

 

 

Tuis
Majuba gedenkteken
Simboliek
Jo Roos
Onthullingsprogram
Amajuba 8 Maart 1997
Eerste Vryheidsoorlog
Slag van Majuba
Die Stem
Inligting

ADSA Advertensies

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Lys van kunstenaars by Piazza
List of artists at Piazza

SwallowSoftware, Calgary, Alberta
swallowsoftware.arkpark.net
Calgary, Alberta

ARK Web Design © 1998 - 2023
ARK Webontwerp © 1998 - 2023

Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text