Majuba gedenkteken
Simboliek
Jo Roos
Onthulling
Amajuba 1997
Eerste Vryheidsoorlog
Slag van Majuba
Die Stem

Slag van Majuba

     
  Hersien: 7 Februarie 2023 ** Revised: February 7, 2023

    

    

LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief en die inhoud is laas in 2001 opgedateer...Hersien: 7 Februarie 2023
NB: This site is part of ARKpark's archive and the content was last updated in 2001...Revised: February 7, 2023

 

 

Slag van Majuba

Die Britte beset Majuba

Die nag van 26 Februarie 1881 het ‘n Britse mag van ongeveer 400 man onder Generaal Colley die berg Majuba van die suidekant af beset. Om 21h30 het hulle weswaarts uit Mount Prospect beweeg tot by die Imkwelaberg en toe weer noordwaarts bokant O’Neill se plaashuis verby. Om 03h30 Sondagmôre 27 Februarie 1881 het die eerste soldate die kruin bereik. Weens die steilte en die nag, was die bestyging van die berg uiters moeilik. Hulle was afdelings van die 58ste, 60ste en 92ste (Skotse) regimente en ‘n afdeling seesoldate onder aanvoering van Kommandeur Francis Romilly, tweede in bevel van die mag. Hy het op die suidwestelike kruin gesneuwel.

Die Boere se strategie by Majuba

Veldkornet Fanus Roos en sy manne moes reguit na Gordon’s Knoll beweeg. Kommandant Joachim Ferreira en sy manne het parallel met Roos aan sy westekant beweeg. Veldkornette Malan en Trichardt met hulle manne het parallel met Roos aan sy oostekant beweeg. So is die kruin van drie kante af, noord, oos en wes beset. Van agter die skuiling van die groot terras (sien kaart) het die Boere met die ouderdom oor 50 jaar voortdurend met hulle koeëls die Britte op die kruin onder druk geplaas.

Die geveg bo-op Majuba

Die reserwe Britse soldate is agter ‘n lang randjie wat van wes na oos loop geplaas. Hulle was egter magteloos teen die moordende vuur van die Boere wat van drie kante af gekom het - Roos en sy manne vanuit die noorde, Ferreira en sy manne vanuit die weste en Malan en sy manne vanuit die ooste. Die Britte het suidwaarts oor die kruin gevlug. Hulle verliese was groot: Van die 400 het net 120 ongeskonde oorgebly. Van die 280 ongevalle was 92 dood, 135 gewond en 53 is gevange geneem. Die 120 Skotte het die swaarste gely - slegs 24 kon van die Boere se koeëls ontsnap.

Nadat die Britse garnisoene aan die suidekant van Majuba verjaag is, het ‘n digte mis en reën toegesak (‘n faktor wat verhoed het dat die Boere Mount Prospect kon inneem).

 

ONTHOU MAJUBA

DIE EERSTE VRYHEIDS OORLOG

Op 27 Februarie 1881 het die Boere die Britte 'n vernietigende slag toegedien op Majubaberg.

Toe was ons die oorwinnaars!

DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG

1899 tot 1902 - Weer 'n vryheidsstryd teen die Britte. En die Britte het vir mekaar gesê:

"Remember Majuba!" 1881 se neerlaag moet herstel word!

Toe was ons die verloorders!

DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG

Weer in vryheidstryd teen kommunisme en wêreldgeldmag. Nou sê ons vir mekaar:

ONTHOU MAJUBA!!!

Laat die Majuba-oorwinning ons volk opnuut aanspoor om die volgende veldslag te wen.

 

 

 

 

 

Tuis
Majuba gedenkteken
Simboliek
Jo Roos
Onthullingsprogram
Amajuba 8 Maart 1997
Eerste Vryheidsoorlog
Slag van Majuba
Die Stem
Inligting

ADSA Advertensies

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Lys van kunstenaars by Piazza
List of artists at Piazza

SwallowSoftware, Calgary, Alberta
swallowsoftware.arkpark.net
Calgary, Alberta

ARK Web Design © 1998 - 2023
ARK Webontwerp © 1998 - 2023

Bekering

'n Christen…

Bybelteks

Bible Text