| |
Die
Stem
Uit die
blou van onse hemel, uit die
diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die
kranse antwoord gee,
Deur ons vér
verlate vlaktes met die kreun van ossewa
Ruis die stem van ons geliefde, van
ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons
vir jou, Suid-Afrika.
|
|
In die merg van ons
gebeente, in ons hart en siel
en gees,
In ons roem op ons verlede, in
ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van
ons wieg tot aan ons graf
Deel geen ander land ons liefde,
trek geen ander trou ons af.
Vaderland! ons sal die adel van
jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners kinders
van Suid-Afrika.
In die songloed van ons
somer, in ons winternag se
kou,
In die lente van ons liefde, in
die lanfer van ons rou,
By die klink van huw'liks-klokkies,
by die kluitklap op die kis
Streel jou stem ons nooit verniet nie,
weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep sę ons nooit nee
nie, sę ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe ja,
ons kom, Suid-Afrika. |
|
Op U
Almag vas vertrouend
het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om
te handhaaf en te hou
Dat die erwe van ons
vaad're
vir ons kinders erwe
bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen
die hele węreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal
dit wel wees, God regeer. |
|